Umkhonto we Sizwe (politieke party)

uMkhonto we Sizwe (MK) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in Desember 2023 gestig is. Die party word genoem na uMkhonto we Sizwe (ook verkort tot MK), die paramilitêre vleuel van die African National Congress (ANC) tydens apartheid. Die ANC het egter met regstappe gedreig oor die gebruik van die naam,[1] en die vorming is deur oorspronklike MK-veterane gekritiseer.[2]

Die party het in Desember 2023 bekendheid verwerf, toe oudpresident Jacob Zuma aangekondig het dat hy, terwyl hy beplan om 'n lewenslange lid van die ANC te bly, hom nie vir die ANC in die 2024 Suid-Afrikaanse algemene verkiesing sou beywer nie, en eerder vir MK sou stem.[3] Hy het verklaar dat "ek kan en sal nie" veldtogte vir die ANC van huidige president Cyril Ramaphosa voer nie, omdat dit "verraad" sal wees.[4][5]

  1. Ramushwana, Alpha. "Experts weigh in on the Legal tussle over the uMkhonto weSizwe name". ewn.co.za (in Engels). Besoek op 22 Desember 2023.
  2. "MK veterans slam former president Jacob Zuma for his conduct". www.msn.com. Besoek op 23 Desember 2023.
  3. "The battle for the soul of uMkhonto weSizwe". www.polity.org.za (in Engels). Besoek op 22 Desember 2023.
  4. Mutsila, Lerato (17 Desember 2023). "Jacob Zuma ditches ANC in 2024 elections, vows 'total liberation". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 23 Desember 2023.
  5. "Former South African president Zuma leaves ANC". www.msn.com. Besoek op 23 Desember 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy